Irna se boeke

Lees meer oor die jongste boeke hier onder of kliek op die boek vir meer besonderhede.

Kwaaiwater

GEPUBLISEER: OKTOBER 2023 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU

Speuradjudant Storm van der Merwe is terug vir die grootste uitdaging van haar loopbaan. Al is sy steeds besig om haar pa se dood twee jaar tevore te verwerk. Intussen hou Hermanus ʼn eerste skrywersfees. Deel van Storm se afgesaagde verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te hou voor die laaste Covid-regulasies uiteindelik opgehef word.

Op ʼn Mooi Dag

GEPUBLISEER: SEPTEMBER 2021 | UITGEWER: PENGUIN

Met Louw Roodt se verdwyning ná ʼn werkgeselligheid word Kristien Liebenberg se grootste vrees bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis toe nie. Was Louw in ʼn ongeluk, het sy ʼn affair, is sy ontvoer, aangerand, of erger, in die sandduine en bosse van die Kaapse Vlakte vir dood agtergelaat? Of het dit met hulle groot bekgeveg die oggend te doen?

Bloedsteen

GEPUBLISEER: MAART 2020 | UITGEWER: PENGUIN

Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ‘n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ‘n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ‘n luukse hotel in Hermanus.

Gifbeker

GEPUBLISEER: MAART 2018 | UITGEWER: PENGUIN

Speuradjudant Storm van der Merwe is op die toneel toe ‘n gehate kosblogger dié middag in een van Hermanus se spoggerige restaurante dood neerslaan. Dit blyk die giftige sampioene in die resensent se kos is selfs dodeliker as haar vlymskerp resensies

Moordvis

GEPUBLISEER: JULIE 2016 | UITGEWER: PENGUIN

’n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van ’n jong joernalis – sonder haar arm.

Irna van Zyl

Irna van Zyl is die skrywer van die gewilde misdaadromans Moordvis en Gifbeker. Haar jongste boek is Bloedsteen. Sy is ’n bekende mediapersoonlikheid en entrepreneur en was onder andere redakteur van De Kat, Insig en Boeke-Insig.

Voordat sy heeltyds begin skryf het, was sy die uitvoerende direkteur van ’n toonaangewende bemarkingsagentskap. Vind meer uit.

Kontak my

Stuur ’n boodskap of ’n vraag aan Irna